Lojaliteit jeens ANC in perspektief

STEMBUS 2024

Lojaliteit jeens ANC in perspektief

PIET CROUCAMP het by vier gesaghebbende politieke ontleders kers opgesteek oor ’n kwessie wat baie Suid-Afrikaners laat kopkrap: Hoekom behou die regerende party kiesers se lojaliteit ondanks ’n vrotsige prestasie en is daar lewensvatbare alternatiewe?

HOEKOM stem Suid-Afrikaners steeds in beduidende getalle vir die ANC ondanks bewerings en bewyse van korrupsie, die ineenstorting van dienslewering en die dikwels algehele afwesigheid van die staat vir die meeste arm burgers?

Wel, dalk is die staat nié so afwesig as wat ons instinktief sou wou dink nie. Staatstoelaes, laekostebehuising, toegang tot water, gratis onderwys en die befondsing van tersiêre onderwys is alles werklike ervarings vir miljoene Suid-Afrikaners.

Na aanleiding van lesers se kritiek op my mening oor die “moonshot pact” van die DA-leier, John Steenhuisen, het ek twee vrae gevra aan vier gesaghebbende politieke ontleders wat almal data gebruik om hulle afleidings te maak: a) Hoekom stem mense nog vir die ANC? en b) Watter alternatiewe het Suid-Afrikaners wat tradisioneel ANC gestem en sedertdien afvallig geraak het, maar eerder die eenvoudige opsie kies om net van die stembus weg te bly?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.