‘Moonshot pact’ gedoem, maar opwindende scenario’s roer...

SA IN 2024

‘Moonshot pact’ gedoem, maar opwindende scenario’s roer politieke waters

Die idee dat die DA die sentrale of leidende fenomeen in ’n nasionale ooreenkoms tussen die ontgogelde burgery en ’n nuwe politieke beweging kan wees, is verstommend naïef, skryf PIET CROUCAMP. Maar ons politiek is in ongekende waters en twee ander groeperings gemik op die ontworteling van die ANC in 2024 kan wel die pot roer.

DIE Suid-Afrikaanse politiek beweeg geleidelik op ’n interessante wyse na onbekende waters.

Die gewaarwording dat die ANC in 2024 by die stembus kan misluk, gee tot nuwe opwindende verwagtinge en politieke scenario’s aanleiding. Ideologie en die klem op politieke partye wat teen mekaar by die stembus meeding, maak vir ’n komplekse konstellasie van nuwe idees plek.

Tóg is die waarskynlikheid dat die ANC in die 2024-verkiesing minder as 50% van die uitgebragte stemme gaan kry vir nou nie beduidend nie. In die komende maande gaan die ANC die staatskas, munisipale begrotings en hulle verkose magsbasisse in munisipaliteite en die metro’s gebruik om hulle gevestigde steun te mobiliseer. In die townships en informele nedersettings sal staatstoelaes ’n groot deel van die vervreemde stemgeregtigdes bemoedig om die moeite van deelname op stemdag te onderneem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.