SA tart nogmaals die VSA met Chinese wapenooreenkoms

VOETJIE-VOETJIE MET WAPENS

SA tart nogmaals die VSA met Chinese wapenooreenkoms

'n Onlangse verstandhoudingsooreenkoms wat Krygkor met China se Poly Technologies onderteken het, gaan nie net plaaslike vervaardigers benadeel nie, maar ook Suid-Afrika nogmaals met die VSA laat bots. ERIKA GIBSON doen verslag.

DIE Chinese maatskappy Poly Technologies (korteweg PolyTech) hanteer die internasionale sake van die groter Poly Group Corporation, wat een van China se grootste wapenvervaardigers is. Die Chinese weermag het die groep in 1984 tot stand gebring en deesdae is dit die grootste uitvoerder van Chinese wapentuig. As sodanig vervaardig dit enigiets van missiele tot vlootvaartuie.

PolyTech is ook op haas elke moontlike Amerikaanse sanksielys. Missiele aan Iran, Sirië en Noord-Korea, en les bes noodsaaklike militêre komponente aan Rusland om daardie land se wapentuig in stand te hou in sy aanvalle op Oekraïne – niks stuit die maatskappy om 'n wapen vir elke konflik te smous nie.

Enkele jare gelede het die Suid-Afrikaanse vloot die spit afgebyt toe Denel se destydse topbestuur verbete gespook het om PolyTech voor te stoot om vir die vloot kuspatrollievaartuie te bou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.