Tel jou seëninge, Mzansi

VEG VIR REGBANK, SPRAAKVRYHEID

Tel jou seëninge, Mzansi

Wanneer ons Suid-Afrikaners luidkeels en daagliks weeklaag oor die struikelende staat en verval om ons, is dit gepas dat ons ook met dankbaarheid erken dat ons nie, soos sommige ander middel-inkomstedemokrasieë, in ’n outoritêre staat verval en ons persoonlike vryhede ingeboet het nie, skryf MAX DU PREEZ.

DIE konsep “verkose outokrasie” (electoral autocracy) is kwalik nuut: Adolf Hitler se Nazi-party, byvoorbeeld, het in 1932 die verkiesing in Duitsland gewen en sy pad na mag gebaan.

Huidige voorbeelde waar verkose regerings outokraties regeer, is Rusland, Belarus, Venezuela, Kambodja en Zimbabwe. Maar dit is ekstreme voorbeelde. Lande soos Türkiye en Hongarye is meer van pas.

Die resep van die outokrate in al dié lande lyk baie dieselfde: populisme, nasionalisme, sosiale konserwatisme, sterkmanpolitiek, strooipop-vyande en soms godsdiens...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.