Om oor SA soos Lenin te vra: Chto delat?

GLOEIENDE KOLE WAT VLAMME KAN WORD

Om oor SA soos Lenin te vra: Chto delat?

Wat moet gedoen word as hierdie land wil herstel van jare se vernietigende ANC-bewind, vra die veteraan-buitelandse korrespondent ANTHONY ROBINSON ná 'n onlangse kort besoek.

MAX DU PREEZ is reg om te wys op Suid-Afrika se menslike hulpbronne, die hardnekkigheid van die burgerlike samelewing, die voortbestaan van ’n vrye pers en vrye spraak, elemente van ’n onafhanklike regbank wat steeds voortbestaan, en die groen lote van groeiende georganiseerde teenkanting teen die ANC-regering as die grondslag van sy oortuiging dat die land uiteindelik weer sal kan herleef.

As stigter en redakteur van Vrye Weekblad was Max een van die felste kritici van die vuilspel in die laaste jare van die apartheidsregime. As ’n Afrikaner het hy ’n intieme kennis gehad van die binnewerking van die regime, het hy die regering se truuks aan die kaak gestel en was hy ’n luide ondersteuner onder die groeiende groep wittes wat gevra het vir die vrylating van Nelson Mandela en die skepping van ’n nierassige, inklusiewe en demokratiese toekomstige Suid-Afrika.

As ’n selfverklaarde “Pale Native” – die titel van sy briljante outobiografie (in Afrikaans uitgegee as Dwars: Mymeringe van ’n gebleikte Afrikaan) – het Max se woede oor politieke onderduimsheid ná die politieke oorgang gou ’n nuwe teiken gevind in die ANC en sy nalopers in die SAUK en elders...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.