Kragskepe: ramp of redding?

OP DIE ALTAAR VAN KRAG EN MAG

Kragskepe: ramp of redding?

Is drywende kragstasies in van ons hawens nou 'n voldonge feit? Onlangse uitsprake deur regeringsleiers oor hoe die Turkse Karpowership-skepe, wat elektrisiteit uit gas opwek, beurtkrag kan verlig of selfs beëindig, laat dit so voorkom. En dit ten spyte van twee hofsake teen die ontplooiing van die skepe. En die feit dat niemand weet wat presies dit die land gaan kos nie, skryf ILSE SALZWEDEL.

GWEDE MANTASHE, die minister van minerale bronne en energie en die man in beheer van energie-opwekking, se openlike steun vir die kragskepe is wyd bekend, maar 'n paar nuwe sangers het onlangs by sy koor aangesluit.

Verlede naweek het adjunk-president Paul Mashatile tydens 'n vergadering in Oos-Londen gesê mense “moenie verbaas wees as (jy) een of ander skip nie ver hiervandaan sien nie. Ons moet dit doen om die ligte aangeskakel te hou.”

Dit eggo pres. Cyril Ramaphosa se opmerkings op 12 Mei in die parlement dat kragskepe die kragkrisis dadelik kan verlig, maar dat nie-regeringsorganisasies die proses deur hofsake tot stilstand laat kom het. Hy het uitgewei oor hoe ander Afrika-lande die skepe ingespan het vir onmiddellike kragvoorsiening, en benadruk dat hy glo dis die regte ding om “nou megawatts by te voeg”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.