Hoe om ‘die wêreld se stiptelikste lugredery’ te maak werk

LUGVAART

Hoe om ‘die wêreld se stiptelikste lugredery’ te maak werk

ANNELIESE BURGESS praat met Elmar Conradie, die uitvoerende hoof van FlySafair, oor die goedkoopste dae om te vlieg, die mikrobestuur wat dit verg om alles betyds te laat verloop, en wat die lugvaartbedryf doen om sy koolstofvoetspoor te verminder.

DIT was verspot maklik om ’n onderhoud met een van Suid-Afrika se suksesvolste uitvoerende hoofde te kry. Een WhatsApp, twee e-posse, en ek het ’n afspraak in my dagboek met Elmar Conradie. Behalwe dat ek die eerste onderhoud verbrou toe ek dit vanuit Italië probeer doen en die selfoonsein verdwyn op die eiland waar ons vakansie hou. Ek was basies 'n no-show, want ek kon nie eens laat weet wat aangaan nie. Toe ek uiteindelik verskoning kan vra, is Conradie hoogs geamuseerd: “Deksels, ’n Italiaanse eiland sonder sein? Klink soos ’n droom. Ek wil onmiddellik soontoe gaan.”

Met ons tweede poging, ’n paar maande later, vries die Teams-konneksie ná 20 minute. Conradie bel my dadelik op my selfoon. Ek verstaan hoekom hy sê FlySafair se kultuur is een van “just get on with it” – want dit is presies wie hy is. 

Floreer deur Covid..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.