Chris Opperman het sy loopbaan as diplomaat in Washington DC en Dar es Salaam begin. Hy het later as sakeman hoofsaaklik op geleenthede in Oos-Afrika gefokus. Hy het ook geld ingesamel vir verskeie bewaringsprojekte en het onlangs gesprekke tussen Afrikanergroepe en oudpres. Thabo Mbeki gefasiliteer.
'N NUWE PAD
Groot besigheid gee Ramaphosa ’n laaste kans
Kan verlede week se krisisberaad tussen sakeleiers en die president vertroue herstel in die ANC se vermoë om die land te regeer, vra CHRIS OPPERMAN.
Deel
DIE hand van samewerking wat sakeleiers uitgereik het ná ’n beleefde dog streng boodskap aan pres. Cyril Ramaphosa dat die land in ’n krisis is, is ’n teken dat hulle steeds dink dis in hulle beste belang om ’n ANC-regering te steun. As hierdie inisiatief sou misluk weens ’n gebrek aan dringendheid van die regering se kant af, sal hulle dalk anders voel. Die geskiedenis wys ons dat besigheid ’n sterk dryfveer vir verandering kan wees.
Verlede week se ontmoeting met Ramaphosa is ’n eerste vanweë die waarskuwing wat Suid-Afrika se magtigste sakeleiers gerig het: Daar is nie meer tyd oor nie; die krisis het reeds aangebreek.
Dat die vergadering hoegenaamd plaasgevind het, is ’n duidelike teken van die rampspoed wat ons moet trotseer. In die era van ANC-oorheersing het Suid-Afrikaners daaraan gewoond geraak om te sien hoe ’n onderdanige sakegemeenskap aan selfs die mees vyandige beleid voldoen. Om die regering aan te vat is gewoonlik nie goed vir besigheid nie, was die mantra. Besighede is geneig om hulleself te isoleer ten einde winste te beskerm terwyl hulle dit aan die regering oorlaat om die land te bestuur...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Daar is twee Suid-Afrika’s
Romanse blom tussen RET-faksie en EFF
Druk uit ANC rig denke oor Putin
Kragskepe: ramp of redding?
Kry jou ry, Cyril!
Deel
-
Deel
Chris Opperman
SakemanChris Opperman het sy loopbaan as diplomaat in Washington DC en Dar es Salaam begin. Hy het later as sakeman hoofsaaklik op geleenthede in Oos-Afrika gefokus. Hy het ook geld ingesamel vir verskeie bewaringsprojekte en het onlangs gesprekke tussen Afrikanergroepe en oudpres. Thabo Mbeki gefasiliteer.