Cynthia Stimpel en die verhaal van haar verset teen...

OP DIE STIMPEL

Cynthia Stimpel en die verhaal van haar verset teen staatskaping by die SAL

Toe Cynthia Stimpel as hooftesourier van die SAL aangestel is, het sy gedink sy het uiteindelik haar droomwerk. Min het sy geweet van die gemors waarin sy haarself begewe het. ANNELIESE BURGESS het Stimpel se boek oor haar verset teen die plunderaars by Suid-Afrika se nasionale lugredery, Hijackers on Board, gelees en vertel die storie.

DAAR was twee lyfwagte weerskante van die deur van die klein raadsaal op die sesde verdieping van Airways Park. Dudu Myeni, die magtige voorsitter van die SAL-raad (en die Jacob Zuma-stigting), het reeds binne gewag. Tien van die top-amptenare van die lugdiens het hulle plekke om die tafel ingeneem. Elkeen van hulle is die vorige dag in 'n kriptiese e-pos aangesê om hulle 10 uur vir 'n vergadering aan te meld.

Toe vra Myeni dat alle skootrekenaars en selfone aan die lyfwagte oorhandig word. Die groepstesourier, Cynthia Stimpel, wonder nog waaroor die vergadering gaan toe sy opmerk dat al die mense om die tafel in die SAL-komitee dien wat met die tesourie skakel.

Myeni trek los. Sy beskuldig hulle dat hulle korporatiewe bewindvoering by die SAL ondermyn deur weekliks met die tesourie te vergader. Stimpel is verbouereerd en probeer haar teensit. “Ons ervaar 'n ernstige likiditeitskrisis, en dit is uiters belangrik dat ons die tesourie elke week op die hoogte hou ..."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.