Moet ons ’n nasionale koalisie vrees, of kan dit die antwoord wees?

DIESELFDE FIASKO?

Moet ons ’n nasionale koalisie vrees, of kan dit die antwoord wees?

Die moontlikheid van 'n nasionale koalisieregering ná volgende jaar se verkiesing vervul baie mense met afgryse in die lig van wat in verskeie munisipaliteite aan die gebeur is, skryf JP LANDMAN.

SEDERT 2021 se verkiesings vir plaaslike regerings word verskeie munisipaliteite deur koalisies beheer. Tot dusver is dit nie ’n positiewe ervaring nie. Johannesburg het onlangs sy agtste burgemeester in agt jaar verkies. In Tshwane, Ekurhuleni en Nelson Mandelabaai bons die mag soos tafeltennisballetjies tussen die groot partye rond.

Posisie, mag en patronaatskap bepaal die samestelling van dié rade, en in die proses bly goeie bestuur in die slag. Dit gaan oor wié sal regeer, nie hóé hulle sal regeer nie.

Die termyn van die huidige parlement kom in Mei 2024 tot ’n einde en ’n nasionale verkiesing moet dan gehou word. (Die Grondwet maak voorsiening vir ’n mate van uitstel.) Tans dui meningspeilings en tussenverkiesingsuitslae daarop dat ons ’n situasie in die gesig sal hê waar geen enkele party 50% plus een sal hê nie, wat tot ’n koalisieregering op nasionale vlak sal lei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.