Politieke Notaboek | Cyril en Vlad se bromanse kós ons

VAN STALINIS TOT REALIS

Politieke Notaboek | Cyril en Vlad se bromanse kós ons

MAX DU PREEZ skryf oor die duur prys wat Suid-Afrika vir sy steun aan Rusland betaal, oor die wit Zoeloe van KZN, die propaganda-oorlog teen rektor Wim de Villiers, en oor Snuki Zikalala wat van Stalinis na realis gevorder het.

DIE ANC-regering se bromanse met Vladimir Putin en steun vir sy oorlog in Oekraïne is besig om ernstige skade aan Suid-Afrika se aansien in die internasionale gemeenskap aan te rig – sonder dat daar enige voordele vir die land is.

Die jongste voorbeeld is dat pres. Cyril Ramaphosa nie, soos die afgelope vier jaar gebeur het, na die spitsberaad van die G7-groep lande genooi is nie.

“Suid-Afrika se dae as die wêreld se liefling in Afrika, van ver bo ons gewigsafdeling boks, is verby,” sê ’n veteraan-diplomaat vir my. “Die Weste en lande soos Japan gaan dalk nie openlik druk op Ramaphosa toepas nie, maar ons gaan stil-stil gestraf word vir ons steun aan Rusland. Die feit dat Ramaphosa nie dié keer na die G7-beraad genooi is nie, is ’n subtiele maar duidelike boodskap.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.