Die Meester van Stalingrad: Zuma word dalk nooit verhoor nie

783 BETALINGS

Die Meester van Stalingrad: Zuma word dalk nooit verhoor nie

Ná amper twee dekades sedert Jacob Zuma die eerste keer aangekla is van korrupsie in verband met die omstrede wapentransaksie is die 81-jarige gewese president se verhoor weer eens uitgestel danksy wat talle mense sy Stalingrad-taktiek noem. PIETER VAN DER MERWE doen verslag.

NÁ amper twee dekades sedert oudpres. Jacob Zuma vir die eerste keer van korrupsie aangekla is, en amper presies vyf jaar nadat hy vir die eerste keer in die beskuldigdebank gesit het, kan mens net wonder of die 81-jarige ooit “sy dag in die hof” gaan kry om die bewyse teen hom te toets.

Die saak is hierdie week weer eens uitgestel nadat Zuma nóg ’n aansoek gebring het dat die staatsaanklaer, Billy Downer, hom van die saak onttrek. Dit kom te midde van Zuma se privaat vervolging van Downer en die News24-joernalis Karyn Maughan weens die beweerde uitlek van privaat mediese dokumente wat Zuma aan die hof verskaf het.

Dis die soveelste uitstel in ’n saak wat soveel as nege hoofde van openbare vervolging (waarnemendes ingesluit) gesien kom en gaan het, asook die vierde president in die Uniegebou sedert die eerste aanklagte aanhangig gemaak is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.