Daar is meer omtrent Mary as net die mini

ONS ONTHOU HAAR

Daar is meer omtrent Mary as net die mini

Mary Quant het die mode in die 60's uit die Paryse salon gehaal en strate toe gevat. Die wêreld se meisies het haar met oop beursies verwelkom, want hulle was o so gereed om die bra-band te laat skiet. In Riversdal het LAUREEN ROSSOUW se ma haar tyd voor die naaimasjien met die helfte gesny toe opnaaisels en pofmoue met piepklein slopies vervang is.

AS jou dood groot nuus is, was jy natuurlik groot nuus. Soos in die geval van Mary Quant, wat verlede week op die ouderdom van 93 dood is. Onmiddellik het die internet begin pop met foto’s van mop-haardosse, bleek gesigte en groot, swaar gegrimeerde swart oë met vals wimpers wat jy by die meter kon koop, nagemaakte sproete, minirokke en lang bene. The Swinging Sixties. My heart goes giddy-up.

Dit was nie net haar mode wat koel was nie, sy was hiperkoel.

In die 60’s kon jy een van drie dinge wees: ’n hippie, ’n hipster of oudoos. Mary was nie ’n hippie nie. Daarvoor was sy te energiek, eiewys, intuïtief en superdapper. Boonop met ’n sterk sin vir drama en ’n kop vir besigheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.