Soms moet mens sommer net wegloop uit hierdie grootmenswêreld

QUEENAGER

Soms moet mens sommer net wegloop uit hierdie grootmenswêreld

Tussen die deprimerende nuusgebeure in die land, die soveelste skelm fase 8-beurtkrag en haar eie geklaery deur, het sy die wild-ingesnyde kind in haar opnuut ontdek, skryf ANASTASIA DE VRIES, en ’n allerheerlikste nuwe woord geleer: ‘queenager’.

’N HALFVERSTEEKTE strandjie. Twee vroue, die een heeltemal kaalstert, kompleet ’n Rubens-naakstudie, die ander soos wafferse James Bond-ghoes darem in kletsnat T-hemp en lendedoek. Lank, lank gelede toe hulle grootmense was, was hulle beskaamte behoorlik bedek. Vandag trappel hulle blootsvoets in die vlak watertjies rond, spat mekaar nat, ren voor die branders uit en rol om en om in die warm sand. Los-ge-la-te. Dalk net vir vandag.   

Hulle het sommer weggeloop, vroeër die dag. Uit die lewe uit. Weg van nog ’n huisvergadering waar daar ure lank oor ditjies en datjies geseur en gemaak sal word of die wigte en teenwigte teen mekaar opgeweeg word. Laas was dit oor ’n enkele kragopwekker in die woonkompleks. Reël 3, artikel 7 (vetgedruk nogals), bladsy 2 stel dit tog duidelik dat geraas ná 22:00 streng beboet sal word. Die oortreder is al herhaaldelik gewaarsku, twee of drie stywe boetes opgelê, maar listening is few. Tyd vir kajuitraad. Eintlik kon die huiskomitee van vyf, ons plaaslike magsblok, soos gewoonlik vooraf ’n “kollektiewe” stem teen die rusverstoorder en sy monstruositeit verkry, maar laat ons maar soos stigtelike mense ter wille van die goeie orde die skyn van beraadslaging bewaar, wat. 

Dié slag was dit oor sonpanele. Die vorige dag was ons vir die soveelste keer in ’n maand byna agt uur lank sonder krag. Toe gaan dit aan, kwalik ’n uur voor ons volgende beurt. Sonpanele, hier kom ons, voorspel iemand in ons WhatsApp-groep. Nie so haastig nie, keer die huiskomitee van vyf (ons plaaslike magsblok), daaroor sal eers gestem moet word. Tyd vir vergadering. Sommer die volgende dag. Ek sal soos die laaste paar jare ook dié keer in my afwesigheid skitter, gewoon omdat ek nie tyd te spaar het vir skynspeletjies nie. You come, sê Nr. 7. Sy lyk oorgehaal om die magsblok die stryd aan te sê en sy het versterkings nodig, want voor die volgende skelm fase 8 sál sy sonpanele op haar dak hê.     ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.