As Afrikaans en die liefde hande vat

FEBRUARIE

As Afrikaans en die liefde hande vat

In Februarie, die maand van liefde en Moedertaalmaand, skryf ANASTASIA DE VRIES oor taal wat liefde kan wees en liefde, taal. En oor hoe een woord jou gelyk kan breek slaan én bevry.

SKRYF vir ons oor die liefde, stel iemand voor. Dis Februarie, die Maand van Liefde. Van ’n ander: Nee, skryf vir ons oor onse moedertaal. Dis Moedertaalmaand. Daar word lootjies getrek: Liefde? O, soetste moedertaal? Besluit maar self, gee hulle eindelik die stryd gewonne. Of nog beter, wat van liefde en taal tesame, kom ’n laaste voorstel. Kom nou van vra vir idees, ek mompelend vir myself uit ’n gedig deur Rudyard Kipling:

Oh, East is East, and West is West, and never the twain shall meet
Till Earth and Sky stand presently at God’s great Judgement Seat;
But there is neither East nor West, Border, nor Breed, nor Birth
When two strong men [nou ja] stand face to face
though they come from the ends of the earth!

Dit klink en blink, die woorde, die klank, die ritme, sê die een wat naaste aan my staan; vergewe my dat ek “Die beiteltjie” sommer so by die hare bysleep, sê hy. Ek wou hom vertel van Kipling se werk, hoe mens dit kan (moet?) interpreteer, maar ineens lyk slimmigheid onvanpas, onheilig, liefdeloos selfs. Want ek kyk vir dié kind en onthou ’n tyd toe ’n mens nog ’n gedig uit jou kop uit kon pluk vir elke wis en onwis, vry van die een, enkele “regte” interpretasie of toepassing wat joune “verkeerd” of ongeldig maak. Ek kyk vir dié kind wie se oë nog kan glinster soos toe hy van sy eerstejaar af “net gou iets” wou bepraat wat hy oor taal, oor Afrikaans ontdek het. En ek verlang na mense wat woorde, taal, die Afrikaanse taal, uit hul bloed en senings en niere soos brood vir my aangegee het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.