Soms skuil onheil in verkleinwoorde

GROTE MUUR VAN ELSIESRIVIER

Soms skuil onheil in verkleinwoorde

Soms is woorde nie maar net ougat nie, maar word iets soos ‘gangetjie’ en ‘veldjie’ gebruik om iets oor die lewe van die mense aan die ander kant van ’n muur uit te sê, skryf ANASTASIA DE VRIES.

DIT was die opskrif wat my in ’n wip gevang het: “The Great Wall of Elsies: Mense dik of skollies using dark alleyway”. Jy kan die sinspeling op die ou Grote doer in China eenvoudig net nie mis nie, al sou die nuwe van meer as 2 meter hoog en bykans 20 meter lank dalk in elke opsig sleg teen die eeue oue afsteek. Dis hulle verweer teen die misdaad wat hulle gemeenskap aftakel, dié muur, sê die mense van Elsiesrivier wat die “gangetjie”, ’n soort deurgang na hul buurt, en ’n naasliggende oop stuk veld, die “veldjie”, ’n week of wat gelede afgesper het. Dis hier waar die misdadigers skuil, waar misdaad teen hulle gemeenskap, die vroue en kinders onverhinderd en straffeloos voorttier. Toe bou hulle ’n muur, met hulle eie geld en hande. Onwettig, sê die owerhede. Geen muur mag sonder prosedure en magtiging op owerheidsgrond opgerig word nie, en daarmee basta! Hulle hét gevra, kap die gemeenskap teë, maar het iemand hulle gehoor?

Nog ’n muur, skryf ek vir ’n vriend wat werksaam is in ruimtelike of stadsbeplanning en laas vir my ene Elisabeth Vallet se “The World is Witnessing a Rapid Proliferation of Border Walls” aangestuur het met die woorde: “’n Wêreld begrens deur mure.” Onthou jy, vra ek, Vallet se raming dat daar by die publikasie van haar artikel verlede jaar al 74 grensmure oor die wêreld heen was, met die meeste die afgelope twee dekades opgerig en nog minstens 15 ander in verskillende stadia van beplanning? En nou nog ’n muur, weliswaar op beduidend kleiner skaal, maar ’n muur. Ek stuur ’n afskrif saam van die berig oor die Grote Muur in Elsiesrivier. Ek ken nie die buurt nie, skryf ek wat eens Elsies se gronde nogals goed geken het, dalk is dit nuut? Maar kyk, nog ’n muur.

En toe weet ek nie meer of my hart seer is oor die noodsaak van dié muur of oor die reaksie van iemand met wie ek in my geval ’n leke-belangstelling in geopolitiek deel nie. Hy skryf: “Julle wat met taal werk, moet mense leer om nie ougat verkleinwoordjies te gebruik nie. Tot die mense in die berig praat in dessitse verkleining. Veldjie! Gangetjie! Wat vir ’n ding is ’n gangetjie? Lyk vir my soos ’n stewige voetpad op die foto.” Waaroor sy gees hom dié dag aangekla het, is seker nie my saak nie, maar die res is ’n getroue weergawe van my antwoord:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.