Prokrastinasie: die pret-apie in die Donker Speelgrond van ...

AS EK NET NOG ...

Prokrastinasie: die pret-apie in die Donker Speelgrond van uitstel

Nuwe navorsing toon dat chroniese prokrastinasie nie net sleg is vir ons bankrekenings nie, maar ons gesondheid skaad. As dit so sleg is vir ons, waarom hou ons dan aan om uit te stel? En is daar raad? Die oplossing, vind ADRI KOTZÉ uit tussen die haasgate van die internet, is allermins wat jy sou verwag.

AS ek kon kies om enige van my tekortkominge te verander, sou ek graag wou kon noot hou. Maar meer nog as om te kan sing – of geduld of verdraagsaamheid of wysheid te hê – wens ek om prokrastinasie-loos te wees. Om nooit weer só uit te stel dat afstel of teleurstel noodwendigerwys volg nie.

Net soos wat my negejarige self egter besef het daar is nie ’n geheime knoppie agter die skoolsaal-verhoog wat my valse gekras in ’n engele-gesuis sou omtower nie, is daar vir chroniese uitstellers geen kitskuur om op te hou draal en take te vermy nie.

Nie dat daar ’n tekort aan raad of navorsing oor prokrastinasie is nie: Voordat ek ’n woord hier kon skryf, het ek in die laaste week 26 studies daaroor in sielkundige joernale gelees. Ook ’n dosyn blogs, vier boeke (een was eintlik oor die belang van vriendskap wat in verwante skakels opgeduik het, maar op daardie oomblik baie relevant gelyk het) en ’n magdom artikels. Ek het vier TED Talk-video’s gekyk, na twee podsendings geluister en drie sielkundiges op Twitter gevolg wie se spesialisveld prokrastinasie is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.