Geboue wat inspireer, beïndruk, bemagtig en hoop bring

ARGITEKTUUR

Geboue wat inspireer, beïndruk, bemagtig en hoop bring

Geboue het nog altyd swaar gedra aan betekenis. FRIEDA LE ROUX skryf oor ’n nuwe wêreldorde wat vermoed word en of die geboue wat ons gaan oprig die moeite werd sal wees om te onthou. Intussen is daar baie geboue wat troos en inspireer.

KERKE, tempels, moskees, sinagoges, katedrale. Die meeste van dit wat ons vandag van ons voorsate weet (nie ouer as ’n klompie duisend jaar terug nie), is te danke aan dié soort geboue. Groots, permanent, van goeie materiaal gemaak, versier. En al het ’n tempel dalk iewers ’n katedraal geword, of ’n kerk in ’n moskee verander, staan die gebou steeds. Dikwels is daar met ’n bietjie krapwerk baie van die bousel se vorige inkarnasie nog op te spoor. Dit alles om te dui op iets groters, iets wat meer permanent en sterk is, as wat ’n mens in die daaglikse handel en wandel gaan teëkom.

Iewers in die vorige eeu het dinge egter begin verander. Ja, plek-plek was daar magsvertoon – soos nog altyd – met geboue wat bedoel was om te intimideer, dalk te inspireer. Maar die glans, sigbaarheid en vertoon is nie meer beperk tot kerk en staat nie. Of liewer, die mag is nie meer beperk tot dié wat in beheer is nie. Dit het begin oorskuif na die hande wat die banknote vashou. Want geld is mag, en as jy jou mag sigbaar wil maak, bou jy iets wat sê: Hier is ek, sien my raak, bewonder my.

Neem die Chrysler in New York, met sy blink staalafwerking, strak aansig, kurwes op nét die regte plekke. Dit is gebou deur Walter Chrysler, op sy dag hoof van die Chrysler Corporation. Of Lloyds of London, die versekeraar, die Petronas-torings in Kuala Lumpur, gebou met oliegeld, of, meer hedendaags, die Burj Khalifa in Dubai wat aan die eiendomsontwikkelaars Emaar behoort...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.