Wie sou kon dink gode kan so gewoon wees? skryf FRIEDA LE ROUX oor haar vriendskap met Gawie en Gwen Fagan. Dié beroemde en geliefde argitek is op 13 September oorlede.
DIE eerste keer wat ek Gawie Fagan se naam hoor, is in die dokter se spreekkamer. Die dokter is besig om huis te bou, en sy vertel my van die proses. Dan noem sy dat sy tydens haar studentejare een aand by die Fagans aan huis was. Sy onthou nog die vreemde gastetoilet. “Sonder ’n deur,” vertel die dokter met haar effense lispel, en teken ’n slakskulp op ’n voorskrifblad om te verduidelik hoe privaatheid gehanteer is.
Ek word ’n argitektuurstudent en hoor weer die naam, maar herken dit nie die eerste keer tussen al die ander name en datums, style en bewegings nie. Tog het dit iewers vasgesteek sodat ek op ’n dag besef dis Die Es waarvan die huisdokter my vertel het, die Fagans se woonhuis, en ek gaan soek die plan.
As nagraadse student in die joernalistiek skuifel ek effens nader. Ek maak kontak met Gwen Fagan vir ’n werkstuk oor vroue wat hulle in die argitektuur bevind sonder formele opleiding in die veld. Ek ry een weeksdag met die trein van Stellenbosch na Kaapstad, stap dan skuins bergop. Verby die Wellingtonse droëvrugtewinkel, Beezy Bailey se plek iewers tussen Lang- en Loopstraat, tot by Breëstraat 156...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
GT FAGAN | 15/11/1925 – 13/09/2020
Gawie Fagan | Totsiens, Meneer
Wie sou kon dink gode kan so gewoon wees? skryf FRIEDA LE ROUX oor haar vriendskap met Gawie en Gwen Fagan. Dié beroemde en geliefde argitek is op 13 September oorlede.
Deel
DIE eerste keer wat ek Gawie Fagan se naam hoor, is in die dokter se spreekkamer. Die dokter is besig om huis te bou, en sy vertel my van die proses. Dan noem sy dat sy tydens haar studentejare een aand by die Fagans aan huis was. Sy onthou nog die vreemde gastetoilet. “Sonder ’n deur,” vertel die dokter met haar effense lispel, en teken ’n slakskulp op ’n voorskrifblad om te verduidelik hoe privaatheid gehanteer is.
Ek word ’n argitektuurstudent en hoor weer die naam, maar herken dit nie die eerste keer tussen al die ander name en datums, style en bewegings nie. Tog het dit iewers vasgesteek sodat ek op ’n dag besef dis Die Es waarvan die huisdokter my vertel het, die Fagans se woonhuis, en ek gaan soek die plan.
As nagraadse student in die joernalistiek skuifel ek effens nader. Ek maak kontak met Gwen Fagan vir ’n werkstuk oor vroue wat hulle in die argitektuur bevind sonder formele opleiding in die veld. Ek ry een weeksdag met die trein van Stellenbosch na Kaapstad, stap dan skuins bergop. Verby die Wellingtonse droëvrugtewinkel, Beezy Bailey se plek iewers tussen Lang- en Loopstraat, tot by Breëstraat 156...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelFrieda le Roux
JoernalisFrieda le Roux het weggespring as argitektuurstudent, maar werk haar lewe lank in die media. Sy is tans by ’n uitgewery.