Die dag van die heel mooiste heelmaakwoorde op aarde
KYK, DOLFYNE!

Dit was droewige dae vol hartseer en pyn, en ’n durende onvrede met die dinge van dié land. En toe verskyn die dolfyne in die baai. ANASTASIA DE VRIES vertel meer.
DAAR’S dolfyne in die baai. Die blye boodskap, ’n lafenis, ’n verposing. Die dae was droef, te hittig en kurkhoringdroog. Dis somer. Laat dit dan hittig wees, so droog soos dit wil. En droef as dit moet.
Die dolfyne is terug! Nr. 8 trommel met sy palms op die muur. Kom, roep hy, the dolphins are back! Die vorige dae het ons nog mekaar die droefgeestigheid in staan en bekla oor die dinge van dié land, oor beurtkrag en beurtwater en allerlei gelatenhede, terwyl ons ketels kookwater uitruil en met onsedelike dankbaarheid die lof besing van ’n gasstoof en herlaaibare ligte. Dis nie dít wat my onderkry nie, sê ek nou die dag vir Nr.8 se suster, dis die onheilige gevoel dat my lewe gereguleer, selfs gepolisieer word deur ’n subtiele mag met ’n duisend wrede oë wat niks anders hoef te doen as om my ligte volgens sy skedules aan en af te skakel nie, die tye bepaal wanneer ek mag kook of nie, of werk of slaap en dies meer. Wie het dan ’n polisiemag nodig? Kry net ’n Eskom om die sitte en stane, die komme en gane van die burgers te beheer.
Die droeftes van die vorige dae. Vandag streep ons af, see se kant toe, agter berigte der dolfyne aan. Bo teen die bult versmelt ons in ’n golf van opgewondenheid. Op die strand, ’n skare. Iewers verloor ek Nr.8 en sy suster, beland tussen vreemde mense wat my vorentoe du sodat ek beter kan sien. Wanneer die dolfyne kom. Ons tuur oor die water soos mense wat wag op ’n wederkoms...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Diertjies teen die donker en verhale van hoop
Seetaal van die Weskus-perde
Op die spoor van diere wat dit stad toe waag
Die enorme erfenis van ons weggooikultuur
Die wolf, die fopdosser en die speurder
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Voormalige bydraende redakteurAnastasia was in lewe 'n skrywer en dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is in 2024 oorlede.