Seetaal van die Weskus-perde

PAPPA, BLESS ONS

Seetaal van die Weskus-perde

Saam met veredelde restaurante en gastehuise met name soos J’aime la Mer het viskwotas, permitte, fabrieke , kommersiële bote en korrupsie vir altyd die oudste vissersdorpies aan die Weskus verander. Dit is die einde van 'n inkomste vir én lewenstyl van bestaansvissers, oor dekades gebrei in die soutwaters van die Atlantis en wie se erfenis soos begraafplase platgestoot word. LIEN BOTHA vertel die verhaal van die manne met harte in die see in 'n storie wat op 18 Oktober 2019 die eerste keer in Vrye Weekblad verskyn het.

SIT jou oor teen die waters van die Weskus en jy hoor straks ’n 12de taal. Klanke, gebrei tussen die droë sandveld en die soutwaters van Atlantis. Dit spreek van swarigheid, lirieke wat nie lig in die broek is nie. Musiek met die klanke van trekvissers soos oom Tollie Nimb en Jan Kraai.    

Spookvisse roep jou verby Juffroushoogte tot by die meerblou see se kantlyn, tussen Voorstrand en Bekbaai, Paternoster − een van die oudste vissersdorpies aan die Suid-Afrikaanse Weskus. Wat betref die naam se oorsprong kan jy maar self kies tussen die Portugese seevaarders se oorlewingsgebede (“Onse Vader” in Latyns) of die krale (paternosters) wat die Khoi gedra het.

Om by die jaar 2019 se vissermanne uit te kom, hou verby die sosiale veredeling wat die afgelope twee dekades hier posgevat het. Vandag is daar in Paternoster 17 restaurante, twee boetiekhotelle en meer as 100 gastehuise; naweekposkaarte met name soos J’aime la Mer, Strandloper, Ocean Boutique, Hoekie, Die Gaaitjie of Over The Moon. Kies jou villa (mét of sonder ’n spa.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.