ROOIKATTE jag in die gloed van stadsligte, muishonde skarrel spitsgesig oor die pad en ystervarke kom help dalk in jou groentetuin. In party woonbuurte maak blouape en bobbejane soms amok. Muskeljaatkatte eet snags die oorskiet uit honde se kosbakke en slaap graag in dakke.
Hierdie is maar net enkele van die wilde diere wat in en om heelwat Suid-Afrikaanse dorpe en stede voorkom.
In die grendeltyd is ons opnuut bewus van ons wilde bure. Stories van wilde diere op ongewone plekke was tydens die tuisblytyd gewild oor die wêreld heen. Nie almal was waar nie. Daar was regtig ’n paar poemas in Chili se hoofstad (https://www.bbc.com/news/world-latin-america-52197631), maar die dolfyne in Venesië se kanale (https://www.nationalgeographic.com/animals/2020/03/coronavirus-pandemic-fake-animal-viral-social-media-posts) was byvoorbeeld ’n bogstorie. Hier te lande was Simonstad se pikkewyne wel meer kordaat in die straat, maar daardie koedoe in ’n gholfbuurt in Pretoria was toe nie regtig buitengewoon nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Watter braaihout is die beste?