’N MENS dink nie aldag daaraan dat daar suurstof in seewater is nie. Dit is immers waarvoor visse kieue het – om opgeloste O2 uit die water op te neem. Die lewe in die see is net so afhanklik van hierdie opgeloste suurstof as wat landdiere van suurstof in die lug is. Haaie, mossels, korale, seekomkommers – almal sukkel as daar te min suurstof in die water is. (Terloops, die O-atoom in H2O is natuurlik deel van die watermolekules self en nie beskikbaar vir respirasie nie.)
Wêreldwyd is die see se suurstofvlakke besig om te daal. Die afgelope 50 jaar het die oseane omtrent 2% van hul suurstof verloor. In dié tyd het die aantal dele met suurstoftekorte ook baie toegeneem, in die oopsee én langs die kus. Hierdie veranderings word grotendeels deur mense veroorsaak.
Dit vind plaas omdat ons die see se temperatuur laat styg en te veel nutriënte soos stikstof in die water laat beland. Wetenskaplikes het eers in die afgelope dekade regtig besef hoe groot hierdie suurstofprobleem is en die kwessie is steeds nie eintlik onder die publiek bekend nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.