Oor Umckaloabo, Stevens’ cure en ander lekker malvastories

MAL OOR MALVAS

Oor Umckaloabo, Stevens’ cure en ander lekker malvastories

Hulle blom in potte op jou ma se stoep en op vensterbanke oor die hele Europa heen. Malvas is vol stories: van lekkerruik, genesing, versamelaars en steggies uitruil. En het jy geweet malvas is so eg Suid-Afrikaans soos malvapoeding? PIETER BOTHA vertel meer en deel ’n paar wenke vir mooier malvas.

MY fiets rittel oor die keistene van ’n village in Provence. Dit is vroegsomer en die vensterbanke is vol uitbundige rooi blomme. Malvas! By ’n straatkafee sit ’n paartjie en swymel. ’n Ry potplante skei die tafels van die straat: nóg malvas, in pienk en wit.

By die boulangerie op die hoek waai Pascal vir my. Maar ek gaan nie vandag croissants koop nie, want ek is op pad na my vriendin se kwekery om meer oor géraniums te leer. “Wónderlike plante, ek moet net vir al die mense in Suid-Afrika hiervan vertel!” dink ek by myself.

Gelukkig hoef ’n mens nie in ’n Franse fantasie te leef om malvas te bewonder nie. Al daardie oorsese “geraniums” wat blom onder vensters met kantgordyntjies en hortjies in Frankryk, teen donkerhouthuise in Oostenryk en voor cottages in Engeland, hulle is almal oorspronklik van Suid-Afrika. Ons eie malvas, behoorlik Pelargoniums genoem. Hier groei hulle nog altyd wild in die bergklowe, half-woestyne en kusduine...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.