DAAR is deesdae te veel bos in die Bosveld. Bome en struike staan ook al hoe digter in groot dele van die Laeveld, KwaZulu-Natal, Noord-Kaap en Oos-Kaap. Hierdie toename van inheemse struike en bome in savanne- en grasveldgebiede staan bekend as “bosverdigting” of “bosindringing”.
Dit is sleg vir boere se beursies, ekotoerisme én biodiversiteit. Ongeveer 7 miljoen hektaar van Suid-Afrika word deur bosverdigting geraak. Doringbome is die grootste sondaars. Maar moenie húlle verkwalik nie; dit is meestal deur die mens se toedoen dat dié bome so oorvat.
“Party gebiede is so dig toe dat daar nie eens beeste kan deurloop nie,” vertel prof. Klaus Kellner van die Noordwes-Universiteit se skool vir biologiese wetenskappe. Hy is ’n kenner van bosverdigting en adviseer ook die regering oor die bestuur van die probleem...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.