Zaheera Boomgaard: Is dié bedrieër en dief dalk ook ’n...

MISDAAD

Zaheera Boomgaard: Is dié bedrieër en dief dalk ook ’n reeksmoordenaar?

Die tengerige figuur in die beskuldigdebank lyk lankal nie meer soos die statige vrou wat haar, tot so onlangs as 2020, as ’n mediese dokter voorgedoen het nie. Die helder sari en ontwerpersklere is weg en die gestileerde kort kapsel het in grys vlegseltjies ontaard wat met ’n wit lint saamgebind is. SUSAN PURÉN skryf oor Zaheera Boomgaard, wat weer in April vanjaar in die hof sal verskyn op drie aanklagte van moord en meer as 50 van bedrog en diefstal.

JOHN NAISBY was depressief en verveeld met sy lewe. Op 83 het die ouderdom se skete en kwale met mening toegeslaan: prostaatkanker, hoë bloeddruk, beroerte, cholesterol, slapeloosheid en chroniese pyn. Die name op die houers vol pille in sy huis in Kaapstad het meer soos die kodewoorde vir geheime militêre operasies geklink: Emdalen, Tegretol, Cardura en FoxAir. John het met moeite geloop en as gevolg van ’n rugoperasie en heupvervanging kon hy nie meer sy kar bestuur nie. Soms het hy bombasties en vernederend teenoor sy vrou geraak óf haar selfs nie herken nie. Daar was ook dae wat hy nie geweet het wat om hom aangaan nie. Fienie, John se tweede vrou met wie hy 25 jaar getroud was, het toegesien dat hy getrou die hande vol pille sluk omdat dit sy wisselende buie en ander simptome onder beheer gehou het.

Maar toe gebeur daar iets wat weer die spreekwoordelike huppel in sy stap teruggesit het: Teen die einde van 2011 het John ’n ander vrou op Facebook ontmoet. Vir Fienie was dit vreemd dat haar man soveel tyd voor sy rekenaar deurbring. Hy het met tegnologie gesukkel, nie ’n kitsbank gebruik of ’n selfoon besit nie, selfs die boodskappe van sy bank is na haar foon gestuur. Toe sy hom konfronteer, het John gesê hy hou die aandelemark dop, maar later het hy erken hy gesels met ’n vrou en dit as ’n onskuldige vriendskap afgemaak. Te oordeel na haar eerste e-pos wat Fienie onder oë gehad het, het dit heel onskuldig gelyk.

“Ek woon in Johannesburg. Ek is mal oor my mooi plaas van sowat 8 hektaar waar ek omtrent 30 bokke en skape aanhou,” het ene Sabrina in November 2011 vir John geskryf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.