Mikroplastiek word toenemend beskou as ’n smetstof wat heelwat risiko’s vir mens en omgewing inhou. Hoe kleiner die deeltjies ter sprake, hoe waarskynliker is die risiko’s wat daarmee verband hou, skryf JORISNA BONTHUYS.
DIE planeet versmoor in plastiekbesoedeling, sê die Verenigde Nasies (VN). Plastiek is só alomteenwoordig dat dit as ’n aanduier in die Antroposeen – die huidige geologiese era gekenmerk deur die mens se ramspoedige impak op die aarde se klimaat en ekosisteme – beskou word. Daar is plastiek in die oseane, lug, kos, grond, water en toenemend ook in menseliggame.
Min mense wil sonder plastiek klaarkom; dit het immers ons lewens wesenlik verander. Presies dit wat plastiek so nuttig en uiters veelsydig maak – dit hou baie lank, is ’n liggewig-materiaal en het ’n legio gebruikstoepassings – maak dit ook so nadelig. Te midde van ons ongebreidelde verbruikerskultuur word enorme hoeveelhede plastiek jaarliks vervaardig, verbruik en bykans dadelik weer weggegooi.
Na raming beland tot 40% van alle nuwe plastiekprodukte op die ashoop binne ’n maand nadat dit vervaardig is. Net ’n tiende van al die plastiek wat tot dusver vervaardig is, is herwin. Dit word alles weer eens belig in ’n nuwe verslag wat deur die Heinrich Böll-stigting en die Break Free From Plastic-beweging uitgereik is. Dié dokument getiteld die Plastic Atlas belig die impak van plastiekproduksie en verbruikerspatrone op natuurlike bronne en die klimaat...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
DIE AARDE VERSMOOR
Die enorme erfenis van ons weggooikultuur
Mikroplastiek word toenemend beskou as ’n smetstof wat heelwat risiko’s vir mens en omgewing inhou. Hoe kleiner die deeltjies ter sprake, hoe waarskynliker is die risiko’s wat daarmee verband hou, skryf JORISNA BONTHUYS.
Deel
DIE planeet versmoor in plastiekbesoedeling, sê die Verenigde Nasies (VN). Plastiek is só alomteenwoordig dat dit as ’n aanduier in die Antroposeen – die huidige geologiese era gekenmerk deur die mens se ramspoedige impak op die aarde se klimaat en ekosisteme – beskou word. Daar is plastiek in die oseane, lug, kos, grond, water en toenemend ook in menseliggame.
Min mense wil sonder plastiek klaarkom; dit het immers ons lewens wesenlik verander. Presies dit wat plastiek so nuttig en uiters veelsydig maak – dit hou baie lank, is ’n liggewig-materiaal en het ’n legio gebruikstoepassings – maak dit ook so nadelig. Te midde van ons ongebreidelde verbruikerskultuur word enorme hoeveelhede plastiek jaarliks vervaardig, verbruik en bykans dadelik weer weggegooi.
Na raming beland tot 40% van alle nuwe plastiekprodukte op die ashoop binne ’n maand nadat dit vervaardig is. Net ’n tiende van al die plastiek wat tot dusver vervaardig is, is herwin. Dit word alles weer eens belig in ’n nuwe verslag wat deur die Heinrich Böll-stigting en die Break Free From Plastic-beweging uitgereik is. Dié dokument getiteld die Plastic Atlas belig die impak van plastiekproduksie en verbruikerspatrone op natuurlike bronne en die klimaat...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Visvang dalk beperk om pikkewyne te red
Ons gaan nie die planeet red deur bome te plant nie
Grootste renosterboer is ‘in sy moer’
Die Wilde Weste van myne en water
Woestynolifant betaal die prys vir vrot wiskunde
Deel
Deel
Volgende artikelJorisna Bonthuys
JoernalisJorisna Bonthuys is 'n joernalis van Kaapstad met meer as 20 jaar se ervaring in joernalistiek. Sy fokus op kwessies wat met die omgewing en wetenskap verband hou.