Taalchauvinisme maak van Afrikaanssprekendes hul eie grootste ...

TAALAGGRESSIE

Taalchauvinisme maak van Afrikaanssprekendes hul eie grootste vyand

In die lig van ’n onlangse voorval in ’n Stellenbosse boekwinkel wil JONATHAN JANSEN weet hoekom Afrikaanssprekendes nie kan insien dat hulle hulself – en hul taal – in die voet skiet deur Afrikaans byna aggressief op ander sprekers af te dwing nie.

IN Stellenbosch, waar ek woon, bevind ek myself voortdurend tussen die Afrikaanse taal se skoonheid en sy bytende chauvinisme. Afrikaans kan onthutsend wees as jy swart en nie ’n moedertaalspreker is nie. Só werk dit:

Die een oomblik lees ek die roerende Afrikaanse poësie van Shirmoney Rhode, en haal ek aan uit haar werk in die Engels-Afrikaanse boek wat my ma vereer, Song for Sarah/Lied vir Sarah. Die volgende oomblik bevind ek myself in dié situasie in ’n boekwinkel in Stellenbosch – ek het die gesprek ook aanlyn gedeel:

Ek: Good morning...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.