Ras en Kinders 101: Hoe om hulle op ’n verdeelde Suid-Afrika...

OUERROL

Ras en Kinders 101: Hoe om hulle op ’n verdeelde Suid-Afrika voor te berei

Ons as ouers het 'n enorme rol te speel om ons kinders die toekoms in te lei. Dit geld ook hul eie identiteit en respek vir hul medemens. Kinders leer natuurlik meestal uit ons voorbeeld – let dus op hierdie slaggate, skryf JONATHAN JANSEN.

HOE maak jy ’n respekvolle kind in ’n rasgeteisterde gemeenskap groot? Ek kan nie eens tel hoeveel keer ouers van oor die hele land al hieroor kom raad vra het, of my gevra het om hulle as groepe oor hierdie allerbelangrike onderwerp toe te spreek nie.

Die probleem van ras gaan eenvoudig nie weggaan nie. Die afgelope week het bewys dat selfs terwyl die meeste Suid-Afrikaners die eenheid van die rugbyspan en die belofte in hul mantra #StrongerTogether vier, daar politieke opportuniste in die parlement sit en wag om hierdie oomblik te misbruik om ons op grond van ras te verdeel.

Hier is dus ’n paar lesse wat ek geleer het – deur ons eie twee kinders te help grootmaak en deur die duisende swart en wit studente wat ek oor die jare onderrig en gelei het – oor wat ouers kan doen om hul kinders voor te berei om bekwame en deernisvolle burgers in ’n rasverdeelde land te wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.