Jonathan Jansen is ’n internasionaal erkende kenner van opvoeding wat in 2009 die eerste swart rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat geword het. Hy is ’n gereelde bydraer tot koerante en is bekend vir sy menings oor transformasie, vreedsame versoening en eenheid.
AFRIKAANS IN DIE HOF
Die stryd was nooit oor die taal nie, maar oor die oorlewing van Boere-baasskap
Ná die onlangse uitspraak in die Konstitusionele Hof – dat Stellenbosch Universiteit se beleid van Engels as onderrigtaal inklusief en regverdig is, bespiegel JONATHAN JANSEN dat die felle stryd om die behoud van Afrikaans nooit regtig oor die taal gegaan het nie, maar oor die behoud van Afrikanermag.
Deel
EN toe eindig die debat oor Afrikaans in universiteite nie met ’n groot knal nie, maar met ’n klein tjankie in die Konstitusionele Hof verlede week. Die aanvanklik intense gevegte om ’n paar eksklusief Afrikaanse universiteite te behou, en later om Afrikaans te behou as die primêre onderrigtaal, het tot stilstand geknars in die hof van hoofregter Mogoeng Mogoeng.
Ek het die felste van daardie debatte beleef op drie histories Afrikaanse universiteitskampusse – ’n plakkaat by die Universiteit van Pretoria, “Praat Afrikaans of hou jou bek”, ontstig my steeds. Dis waarom dit ’n verligting is dat die taaldrama uiteindelik afgehandel is.
Die kwessie oor Afrikaans in die klaskamer was nooit oor taal nie. Dit was oor mag. Dit was oor ’n groep wat sy politieke mag verloor het en wat dit probeer herwin het deur Afrikaans. Dit was oor Afrikaans as die eiendom van ’n paar en nie as ’n taalbate wat aan baie behoort nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Jonathan Jansen
OnderwyskennerJonathan Jansen is ’n internasionaal erkende kenner van opvoeding wat in 2009 die eerste swart rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat geword het. Hy is ’n gereelde bydraer tot koerante en is bekend vir sy menings oor transformasie, vreedsame versoening en eenheid.