Grootste renosterboer is ‘in sy moer’

GROOTWILD

Grootste renosterboer is ‘in sy moer’

John Hume, wat 'n kudde van oor die 1 700 renosters het, se jongste grype na 'n reddingsboei het skouspelagtig misluk. LIRYN DE JAGER wou by hom weet: Wat nou?

'N “BELEGGERSDROOM" in 'n gesogte toeristegebied op die drumpel van die Krugerwildtuin. Dít is die afslaers se beskrywing van Hume se Mauricedale-natuurlandgoed voordat die plaas Woensdag onder die hamer gekom het. Die eiendom van 6,600 hektaar is meer as R450 miljoen werd, het die Claremont Auction Group (https://www.claremart.co.za/auction/properties/view/portions-1--109-of-farm-mauricedale-naure-estate-erf-1003--remaining-extent-of-portion-3-of-farm-impala-boerdery-erf-231-7243-7243-7243-7243) gesê. En toe was daar nie eens één enkele bod nie. Niks nie, nie eens laer as die openingsbod wat op R155 miljoen vasgestel was nie.

Dit was die tweede keer dat Hume probeer het om Mauricedale van die hand te sit. 'n Vorige keer wou niemand aan 'n prys van R400 miljoen byt nie. Hy gaan dit nog één kans gee, oor ses maande. Maar Hume sê daarna weet hy nie wat van sy kudde van oor die 1,700 diere op Buffalo Dream Ranch (BDR), sy ander plaas, gaan word nie. Dit is die wêreld se grootste kudde in privaatbesit.

Sy geld is op, sê Hume. Mauricedale moes betaal om BDR en die renosters aan die gang te hou nadat hy 'n geraamde fortuin van oor die R1 850 miljoen daarin gestort het. “Ek kyk vroeër [vanoggend] gekyk hoe 'n perd in Amerika opgeveil word. Die bieëry het begin by $100,000 en weet jy waar het dit geëindig? $8,2 miljoen! Hoe is dit moontlik? Daar was nie eens één bod op Mauricedale nie, geen tekens van belangstelling nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.