IN oud-ambassadeur Gert Grobler se uitstekende onlangse artikel getiteld “Hel SA se buitelandse beleid te veel oor na Rusland, China en Brics” (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2023-04-14-hel-sa-se-buitelandse-beleid-te-veel-oor-na-rusland-china-brics/) in Vrye Weekblad voer hy aan dat ons regering onder pres. Cyril Ramaphosa steeds ’n ewewigtige en strategies gerigte buitelandse beleid nastreef, nou gekoppel aan nasionale belang veral op ekonomiese terrein.
Met so ’n buitelandse beleid kan daar nie fout gevind word nie. Trouens, hierdie benadering het teweeg gebring dat Suid-Afrika oor die afgelope 30 jaar ver bo sy gewig kon boks in die diplomatieke spel en na die groot en belangrikste klubs in internasionale magsgroeperinge genooi is.
Ek wil egter redeneer dat die groter invloed waaroor ons beskik, relatief tot die grote van ons ekonomie, bevolking en militêre vermoë, veral toegeskryf kan word aan ’n ander oorweging: ons onverskrokke omhelsing van demokratiese waardes en ’n oppermagtige grondwet wat daartoe gelei dat Suid-Afrika vir die wêreld ’n navolgenswaardige voorbeeld geword het. Dit het ons ’n morele kompas gegee wat op ontasbare wyse internasionale invloed gekoop het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.