Kissinger: superster-diplomaat wat in Suider-Afrika misluk het

DIPLOMAAT WORD 100

Kissinger: superster-diplomaat wat in Suider-Afrika misluk het

Dit was Kuba se ingryping in Angola wat Kissinger gehelp het om Washington se benadering tot die streek in terme van die Koue Oorlog te herformuleer, skryf PETER VALE.

HENRY KISSINGER, wat in die agt jaar tussen 1969 en 1977 nuwe glans aan die kuns van diplomasie gegee het, word in Mei vanjaar 100.

Gegewe sy ouderdom en jare lange invloed op die geopolitiek is verskeie “antisiperende doodsberigte" die laaste tyd oor Kissinger geskryf. Sommige prys sy rol in die smee van betrekkinge tussen Oos en Wes terwyl hy die VSA se minister van buitelandse sake was. In baie van die kommentaar op die dekades daarna word steeds na hom as 'n  “staatsman" verwys.

Daarenteen wys radikale kritici op Kissinger se genadelose metodes – soos sy aanmoediging van die staatsgreep in Chili in September 1973 – en het selfs bepleit dat hy weens sy “oorlogsmisdade" tereggestel word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.