Ontmoet Trump se interpreteerder in Pretoria

POSITIEF IN PRETORIA

Ontmoet Trump se interpreteerder in Pretoria

Lana Marks, vriendin van pres. Donald Trump, verteenwoordig Amerika reeds nege maande in Suid-Afrika. Selfs vir gesoute diplomate is die wêreldwye pandemie en ekonomiese bloedbad ’n enorme uitdaging, maar dit lyk nie of enigiets dié voormalige tennisster en handsak-ontwerper se geesdrif demp nie. MICHÈLE MEYER ontmoet haar via Skype.

NÁ dae se gesukkel met kalenders en protokol sit Lana Marks kiertsregop op my rekenaarskerm – elegante houtpanele en melkwit orgideë agter haar op die kaggelrak. 

Marks is al nege maande lank ambassadeur in haar geboorteland – 'n tydperk wat soos 'n leeftyd kan voel met 'n pandemie wat die aardbol getref en ekonomiese verwoesting gesaai het, 'n storm oor #BlackLivesMatter en met 'n Amerikaanse presidentsverkiesing op hande waarin die man wat haar sonder enige diplomatieke ervaring na die suidpunt van Afrika gestuur het, ernstig bedreig word deur die Demokrate se kombinasie van Joe Biden en Kamala Harris.

Dan praat ons nie eens van die sensitiwiteite en kompleksiteite van haar ampsbestemming nie: 'n hoogs emosionele debat oor grond in Suid-Afrika, Eskom, staatskapingsonthullings en gesondheidsorg op 'n vasteland waar van die Verenigde State se hulpverleningsprogramme met omstrede voorwaardes kom. Boonop was 'n deel van die Suid-Afrikaanse bevolking wat oorstelp was dat Donald Trump in die Wit Huis sit en 'n simpatieke oor verwag het, briesend op sosiale media oor Trump se gesant en vriendin haar so versigtig (diplomaties selfs?) uitspreek oor onteiening sonder vergoeding en #BLM. Daar was tot 'n petisie in regse kringe dat Marks herroep moet word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.