Formele kwalifikasies is nodig, maar beslis nie alfa en omega nie

SLAWE VAN KWALIFIKASIEKULTUUR

Formele kwalifikasies is nodig, maar beslis nie alfa en omega nie

Getuienis toon sterk korrelasies tussen hoër onderwys en welvaart; en ’n gebrek aan onderrig word met gewelddadige misdaad verbind. Formele opvoeding is egter geen waarborg vir etiese of professionele optrede nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

VIR burgers van ’n land wat geveg het vir groter aanvaarding, inklusiwiteit, toegang, gelykheid en geregtigheid, het Suid-Afrikaners ’n buitengewone en dikwels taamlik perverse obsessie oor “kwalifikasies” – nie soseer as ’n hindernis tot toegang as ’n aanwyser van sosiale en politieke aanvaarbaarheid nie.

Hierdie obsessie word byvoorbeeld gesien wanneer ’n politikus soos die DA-leier, John Steenhuisen, minagtend behandel word omdat hy “net matriek” het, en niemand dit terselfdertyd waag om iets oor Jacob Zuma se gebrek aan formele opvoeding te sê nie, ongeag sosiale en historiese kontekste. Ernstig nou: Zuma is toevertrou met die sleutel tot Suid-Afrika se oorlewing, terwyl Steenhuisen hoegenaamd nie naby die beheerpaneel is nie en waarskynlik nooit daarby sal uitkom nie.

Die obsessie oor formele hoërskoolkwalifikasies is die afgelope week of so te kenne gegee deur Truman Prince, voormalige burgemeester van Beaufort-Wes en eens ’n blink ster van die regerende alliansie. Prince is onlangs verhoed om ’n politieke amp in die Sentrale Karoo-distriksmunisipaliteit te beklee nadat Anton Bredell, die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, die hof genader het om Prince se aanstelling as waarnemende munisipale bestuurder tersyde te stel. Prince se storie word hier genoem vanweë relevansie en tydsberekening...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.