Kurt von Schirnding, die anti-apartheidsdiplomaat

UIT DIE ARGIEF

Kurt von Schirnding, die anti-apartheidsdiplomaat

Die rugstekery en doelbewuste sabotasie deur die destydse departement van inligting van die departement van buitelandse sake en die ernstige ondermyning van die regering se buitelandse inisiatiewe deur onverwagse militêre aanvalle in ons buurstate – dis maar enkele van die dramatiese gebeure deur die jare heen wat onuitwisbaar in die herinneringe van die ouddiplomaat Kurt von Schirnding ingegrif was. HENNIE SERFONTEIN het in Maart 1991 namens VWB met Von Schirnding gesels oor die laagte- en hoogtepunte van sy 35 jaar in die diplomatieke diens, en ook oor die gewetenswroeging van 'n diplomaat gekant teen apartheid.

  • 08 Desember 2021
  • Mense & Kultuur
  • 8 min om te lees
  • artikel 7 van 8
  • Hennie Serfontein

Hoekom het u 'n diplomaat geword?

Toe ek op 21-jarige leeftyd my graad aan die Universiteit van Kaapstad met staatsleer as hoofvak behaal, wou ek ’n joernalis word. Maar oudhoofregter Henry Fagan, wat ’n huisvriend was, het aan my gesê: “Jy sal nooit jou brood as joernalis verdien nie. Maar as jy in die politiek belang stel, hoekom word jy nie diplomaat nie?” Fagan het ’n afspraak met die hoof van die departement van buitelandse sake gemaak en só beland ek toe in die diplomatieke diens.

Hoe het u as Suid-Afrikaanse diplomaat u pos in Londen in die jare 1955-'59 ervaar? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.