Maties: tussen snellers en skellers en ‘Down with Wim’

RUDI BUYS

Maties: tussen snellers en skellers en ‘Down with Wim’

Rudi Buys is die nuwe visepresident van die Universiteit Stellenbosch (US) se konvokasie van 230 000 lede. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor die geweldige wantroue tussen die dagbestuur en die universiteitstrukture, die ‘simboliese en etiese’ gesprek rondom die rektor, die US as brugbouer en hoe ’n ‘meer diverse en aktiewe konvokasie’ die universiteit se toekomsvisie kan help bepaal.

Hoekom het jy besluit om jouself vir die dagbestuur van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) verkiesbaar te stel?

Toe vriende my nader, was ek opgewonde oor wat ’n klomp oudstudente kan bydra om die universiteit te ondersteun. Maar hoe meer ek my ingegrawe het in wat te lese was oor die konvokasie se rol oor jare heen, hoe meer het ek gesien dinge loop nie reg nie.

Ek raak ontsteld oor onreg, dis so eenvoudig soos dit. En daar gebeur al so lank ’n oop en bloot stuk onreg by die konvokasie. Ek het net besluit iets moet nou gebeur. Iets moet daar verander...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.