Keuring vir ’n nefie en ‘Jesus van die Vaal’

BOEK-INSIG

Keuring vir ’n nefie en ‘Jesus van die Vaal’

LIEZL DICK wonder of Jonathan Jansen se reg-of-weg-benadering in sy boek Corrupted reg laat geskied aan die kompleksiteite onderliggend aan korrupsie in universiteite.

NÁ 20:00 Vrydagaand kom die amptelike kommunikasie van die universiteit deur: ’n Klag is teen die rektor aanhangig gemaak nadat hy ’n plek in ’n keuringskursus aangebied het vir ’n familielid van sy vrou. Hy het nie buite beleid opgetree nie, maar dit was wel ’n oordeelsfout, erken hy. Die saak sal op die volgende raadsvergadering bespreek word, rektoraat sal kyk na diskresionêre plasings en beleid, en die familielid is uiteindelik nié tot die kursus toegelaat nie.

Nadat ek Jonathan Jansen se Corrupted gelees het, kyk ek met nuwe oë na so ’n nuusflits. Institusionele integriteit is nooit inherent aan ’n instelling nie – dit kan stil-stil wegglip, sou die meerderheid verkies om hulle moedswillig blind te hou vir wanpraktyke.

Corrupted is ’n empiriese studie oor kroniese wanfunksionaliteit by verskeie Suid-Afrikaanse tersiêre instellings, beskou deur ’n politiek-ekonomiese lens. Wanneer hou ’n universiteit op met bestaan? Wat gebeur wanneer ’n akademiese instelling se funksie om onderrig te verskaf, ’n bysaak raak? Wanneer die wedywering om hulpbronne wat veronderstel is om hierdie funksie te ondersteun, die oorheersende agenda word?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.