Gee stres ’n skop onder die jis

VAN HULPELOOSHEID TOT BEMAGTIGING

Gee stres ’n skop onder die jis

Nadat sy tandarts hom tydens ’n wortelkanaalbehandeling ingelig het dat sy gemoedstoestand hom op sy tande laat kners, wou PIETER VAN DER MERWE meer uitvind oor die uitwerkings van stres. Met ’n ellelange lys stressors is dit g’n wonder dat Suid-Afrikaners gespanne is nie. En stres het ’n invloed op verskeie sfere van die samelewing. Die vraag is: Wat kan ons doen – nie net om die simptome te verlig nie, maar ook om van die oorsake aan te pak?

EK bevind my al weer in ’n tandarts se spreekkamer. Daar’s natuurfoto’s teen die mure, ou tydskrifte op ’n tafel, met die klank van Jacaranda FM en die gedreun van tandbore op die agtergrond. Ek druk my kakebeen teen my handpalm om die pyn te probeer verlig. Twee ooms ruil stories uit – pensioen, jare in die staatsdiens, ensovoorts. Hulle gesprek lei my aandag vir ’n wyle af. Folterende hoofpyn en tandpyn – veral die soort wat die helfte van jou gesig verlam – is die naaste wat ek kan kom aan ’n beskrywing vir hel. Uiteindelik word my naam geroep.

Groet die tandarts. Sak neer op die stoel. Vertel kortliks van die pyn. Hy krap in my mond. Neem x-strale. “Dis wat ek vermoed het,” sê hy. Die woorde “kners”, “stres”, “angs” en “wortelkanaalbehandeling” is al wat tot my deurdring.

Hoe is dit dat ’n tandarts my oor my gemoedstoestand inlig? En kom ons wees nou realisties: Jy byt nie ’n tand af net oor gister se spanning nie; dis iets wat oor ’n ruk opbou. Hoe het ek dit nie self besef nie? En hoe verseker ek dat die volgende keer wat daar aan my kakebeen geboor word, dit is weens die goed wat ek in my mond druk en nie weens wat in my gedagtes rondgaan nie?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.