Koebaai alkohol, dis verby tussen ons

TREND

Koebaai alkohol, dis verby tussen ons

Dit was pret, dekades lank. Maar nou is die hangovers en die slapeloosheid en die skuldgevoelens en die vrees vir doodgaan te erg. DEBBIE LOOTS skryf waarom dit ’n wêreldwye trend geword het om ’n geleentheidsdrinker of geheelonthouer te word.

AL gehoor van die term “sober curious”? As jy nie ten minste een voet op die waterkar het nie, het jy dalk nie. Sober curious is ’n groeiende trend onder mense wat verkies om sosiale geleenthede eerder nugter (en gesonder) te benader deur met verskillende soorte alkoholvrye drankies te eksperimenteer as om dronk aan ’n kandelaar te swaai.

Dis meestal die 18- tot 35-jarige millenniërs wat verantwoordelik is vir die trend se wegholsukses. Juis omdat dié groep gewoonlik gesteld is op hulle sosialemedia-identiteit – ’n soort statussimbool wat hulle gedurig curate om hulle gesonde, gelukkige en betekenisvolle lewenservarings met hulle volgers te deel. Hulle jongste drinkgewoontes inkluis. En dis goud werd; vra maar die talle entrepreneurs wat tans nie-alkoholiese brouerye in byvoorbeeld Frankryk begin het, een van die wêreldleiers van die trend.

Die Franse fake eerste..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.