Is Rob Hersov Egoli se ridder tot die redding?

(NOG ’N) BURGEMEESTERSVERKIESING

Is Rob Hersov Egoli se ridder tot die redding?

As die rockster-entrepreneur Rob Hersov as die onwaarskynlike versoener tussen veelparty-koalisievennote en Gayton McKenzie van die PA die vuisvoos Goudstad op 2 Mei uit Julius Malema en Panyaza Lesufi se tentakels kan red, sal dit ’n geval wees van die doel wat die middele heilig, skryf PIET CROUCAMP.

OP Dinsdag 2 Mei is daar weer ’n geleentheid om die ANC/EFF-koalisie in die metropool van Johannesburg tot ’n val te bring.

Die Patriotiese Alliansie (PA) van Gayton McKenzie het enkele maande gelede met berekende nydigheid die leierskap van een van die Goudstad se beste burgemeesters, Mpho Phalatse van die DA, beëindig deur ’n opportunistiese koalisie met onder meer die ANC en die EFF te vorm.

Sedertdien het McKenzie se verhouding met die EFF versuur en het hy hom bereid verklaar om die politieke mat uit te trek onder die nuwe burgemeester, Thapelo Amad van Al Jama-ah, spesifiek nadat dit duidelik geword het dat dié plaaslike aktivis vir die Palestynse saak nooit werklik opgewasse was om Johannesburg te bestuur nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.