John Steenhuisen: Die DA se straatvegter en kroonprins

WAT VOLGENDE

John Steenhuisen: Die DA se straatvegter en kroonprins

Die grond het heeltemal onder die DA verskuif vandat ANNELIESE BURGESS vroeër vandeesweek by John Steenhuisen in die parlement gaan kuier het. Mmusi Maimane, DA-leier, en Athol Trollip, DA-voorsitter, het skielik uit die party bedank. Maimane het ook as parlementêre leier geloop en Steenhuisen is as gevolg daarvan sy pos as hoofsweep kwyt. Dit sal deur 'n nuwe leier gevul moet word. Die gesprek gee 'n fassinerende blik op die binnewerking van die DA, en die karakter van die man wat nou as die kroonprins van die party beskou word.

JOHN Steenhuisen se hare is nog blink van die gim-stort toe hy by sy kantoor ingegalop kom. Hy gooi 'n lêer op sy lessenaar, trek 'n stoel nader en skud blad. Dit voel amper soos een beweging. Hy is tot op die sekonde betyds vir ons afspraak. Sy energie is soos 'n skoot swart espresso as jy gewoond is aan melkerige latte.

“Ek is mal oor hierdie plek," sê hy en strek sy arms wyd uit. “Daar is so baie betekenis hier. Hier sit ons in dieselfde sale en komiteekamers waar daar eens apartheidswette gemaak is, en tog is ons demokrasie ook hier in hierdie gange gebore. Hierdie parlement simboliseer 'n oorwinning van demokrasie en goedheid oor totalitarisme en  boosheid.

“In hierdie einste kantoor het daar waarskynlik in 'n stadium een of ander NP-minister gesit wat apartheidswette bekonkel het, nou sit hier mense wat bou aan 'n Suid-Afrika vir almal, aan inklusiwiteit ... daar is iets wonderbaarliks daaraan."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.