Mislukte staat? Watwou, hier kom ’n nuwe vlaag van People Power

ONS, DIE MENSE, VERDIEN BETER

Mislukte staat? Watwou, hier kom ’n nuwe vlaag van People Power

MAX DU PREEZ dink terug oor 29 jaar van demokrasie. Hy oordeel dat ons beter as ander lande met ons diversiteit omgaan en is begeesterd met die sin van dringendheid in al ons gemeenskappe om die huidige verval om te draai.

EK onthou 27 April 1994 asof dit gister was. Die amperse ongeloof dat 350 jaar se kolonialisme en wit oorheersing tóg op ’n vreedsame verkiesing vir alle burgers en ’n oop demokrasie uitgeloop het; die opwinding oor die geboorte van ’n nuwe staat en ’n nuwe nasie, teen alle voorspellings in.

Ons het toe nie in ’n burgeroorlog verval nie. Daar was nie ’n staatsgreep nie. Umkhonto we Sizwe het nie triomfantelik met AK47’s deur die strate geparadeer nie. Wit en swart het mekaar nie in die strate afgemaai nie. Die wêreld was in verwondering oor ons onderhandelde skikking, oor die simboliek van Nelson Mandela en FW de Klerk.

Dit was drie maande ná die afsterwe van die oorspronklike Vrye Weekblad, waar ons op ons klein manier ook vir dié dag geveg het. Ek het pas by die “nuwe” SAUK aangesluit, maar was op kiesdag nie tussen die mense wat in ellelange toue gestaan het om te stem nie, ek was in die ateljee as een van die ankers op televisie wat die nasie moes help ingelig hou met verslae uit die veld en die reaksies en kommentare van vele meningsvormers...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.