Staan op, Suid-Afrika 3.0

SONDER FANFARE

Staan op, Suid-Afrika 3.0

Die Suid-Afrikaanse politiek het dié week ’n inspuiting gekry wat dalk net ons erg kranke politieke liggaam nuwe lewe gaan gee. Rise Mzansi versinnebeeld ’n basiese drang by die meeste kiesers dat die herstelknoppie gedruk moet word en ’n beter, burger-georiënteerde Suid-Afrika verbeel word met die klem op oplossings eerder as retoriek en politiekery, skryf MAX DU PREEZ.

DAAR was geen retoriek of slagkrete nie. G’n amandlas, vivas, long lives of toi-toiery nie.

Net ’n aanvoelbare sin van dringendheid dat ons Suid-Afrika 3.0 moet begin bou. Die eintlike Nuwe Daeraad wat Cyril Ramaphosa toe nooit voortgebring het nie.

Die grootste bate van Songezo Zibi (47), oudredakteur van Business Day met lang korporatiewe ervaring en die dryfkrag agter Rise Mzansi, is dat hy nie ’n politikus is nie. Hy bied homself aan as ’n visioenêr, die veewagter van Mqanduli in die Oos-Kaap wat dit in die groot stad gemaak het en kwaad is dat die ANC die land so opgefoeter het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.