Cyril & kie draai g’n doekies om in Rusland

INSIGGEWENDE BESOEK

Cyril & kie draai g’n doekies om in Rusland

As Vladimir Putin ja-broers verwag het toe sewe Afrika-leiers hulle saak oor die oorlog in Oekraïne aan hom en Volodymyr Zelensky gaan stel het, het hy die pot lelik mis gesit. Pres. Cyril Ramaphosa en kie was veral onversetlik oor die oorlogsmisdaad wat met die ontvoering van Oekraïniese kinders gepleeg is, skryf PIET CROUCAMP.

SEWE Afrika-leiers, onder wie die staatshoofde van die Comore-eilande, Senegal, Suid-Afrika en Zambië, asook die eerste minister van Egipte en afgevaardigdes van die Republiek van die Kongo en Uganda, het verlede Vrydag ’n besoek aan Oekraïne gebring in ’n poging om ’n einde aan die byna 16 maande lange oorlog te help maak.

Na afloop van die besoek was dit duidelik dat die Afrika-leiers meer met Volodymyr Zelensky gemeen gehad het as met Vladimir Putin. Kom ek verduidelik.

Cyril Ramaphosa het tydens dié besoek ’n 10-puntplan vir vrede namens die Afrika-leiers voorgestel en jy moet redelik sinies wees om alles wat die president van Suid-Afrika gesê het, as van nul en gener waarde af te maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.