Verkiesing 2024: ‘Steek die ou politici in die pad. Ons...

NUWE POLITIEKE LANDSKAP

Verkiesing 2024: ‘Steek die ou politici in die pad. Ons verdien beter.’

Rise Mzansi, 'n gemeenskapsgebaseerde politieke beweging, het ontstaan uit die oplossingsdinktenk wat deur die voormalige koerantredakteur Songezo Zibi begin is. Tessa Dooms is een van die slim, jong aktiviste wat 'n radikale ander visie het van wat Suid-Afrika kan wees. ANNELIESE BURGESS het met haar gesels oor haar grootwordjare in Eldorado Park, hoe die Julie-opstande in 2021 haar glad nie verras het nie, asook verrotte politici wat Suid-Afrika se Achilleshiel is.

TESSA DOOMS het in Eldorado Park grootgeword met 'n pastoor vir 'n pa en was van jongs af by gemeenskapsdiens en aktivisme betrokke. 

Sy wou 'n mode-ontwerper word, maar haar ouers het aangedring dat sy iets “ernstigs” met haar lewe doen. Toe word sy die eerste lid van haar gesin wat universiteit toe gaan. Sy het sielkunde by Wits begin studeer, maar ontdek toe sosiologie. 

“Sielkunde het vir my gevoel na die vind van oplossings op 'n individuele vlak, terwyl sosiologie beter geskik is vir nadenke oor hoe mens probleme op 'n samelewingsvlak kan oplos." ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.