Die ANC verloor beheer oor misdadigers in sy eie binnekring

KADERS EN COMRADES

Die ANC verloor beheer oor misdadigers in sy eie binnekring

Die ANC het beheer oor kaders en tenderpreneurs in sy binnekring verloor. Georganiseerde misdaad het Luthulihuis nou nie meer nodig nie, skryf PIET CROUCAMP.

BAIE ontleders en kommentators maak die punt dat korrupsie endemies aan die ANC is en dat die gevolge daarvan Suid-Afrika uiteindelik tot by die werklikheid van 'n mislukte staat sal bring.

Maar 'n ander scenario is besig om pos te vat en die elites in Luthulihuis is intens bewus daarvan. Die ANC is besig om beheer oor groot dele van die bemagtigingsbedryf te verloor waaraan dit histories verbind was, en dit plaas enorme druk op die party se finansiële oorlewing, maar hou ook toenemend 'n politieke bedreiging vir die staat en Suid-Afrika in en verklaar hoekom die Russiese oligarge so 'n noodsaaklike alternatiewe bron van inkomste vir Luthulihuis geword het.

Die mees opsigtelike ontwrigting van die korrupsiewaardeketting was die inwerkingstelling van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye in Januarie 2019. Die doel van die wet is om deursigtigheid te bevorder en verantwoordbaarheid as 'n vorm van oorsig in die verhouding tussen politieke partye en die privaat sektor teweeg te bring...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.