Die taxistaking: Showdown at the Cape Corral

TWEE BULLE IN DIE KRAAL

Die taxistaking: Showdown at the Cape Corral

MAX DU PREEZ skryf oor die simbiose tussen die taxibedryf en die regerende ANC en wonder of Santaco die konflik en anargie van die afgelope week afgedwing het om die DA-administrasies in Kaapstad en die Wes-Kaap sag te maak en die bedryf só ’n vrypas te gee, soos hulle elders geniet. Die taxistaking is gisteraand laat beëindig en die taxi’s sal vanoggend weer diens doen.

EK het dié week elke dag ’n werker se kind by die Redhill- informele nedersetting gaan haal en na haar skool in Simonstad toe en terug geneem, ’n baie steil pad van so 8 km. Sy gebruik gewoonlik ’n minibustaxi.

Langs die pad het dosyne mense te voet na hulle werk en terug gestap. Ek het Dinsdag twee middeljarige vroue opgelaai en tot net buite Simonstad geneem, want hulle werk in Vishoek, so 10km verder. Hulle het albei Maandag al die pad Vishoek toe en terug Redhill toe gestap, want niemand wou hulle oplaai nie.

Die twee tantes sê hulle kan nie sonder hulle dag se loon uitkom nie en is boonop bang hulle gaan hulle werk verloor. Die een is ’n huiswerker en die ander ’n skoonmaker by ’n kettingwinkel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.