‘Kill the Boer’ se uitkringeffek op weerlose swart vroue en kinders

‘DBUL' IBHUNU’

‘Kill the Boer’ se uitkringeffek op weerlose swart vroue en kinders

Swart gemeenskapsleiers behoort kennis te neem van die effek wat die romantisering van geweld deur Julius Malema op weerlose gemeenskappe het, veral op vroue en kinders, skryf PIET CROUCAMP.

DIT is vreemd dat niemand die onvoorsiene gevolge van Julius Malema se omstrede uitsprake en die militarisering van sy politieke retoriek vir swart Suid-Afrikaners raaksien nie.

Die fiksasie met die gevolge wat “Dubul’ ibhunu" (Kill the boer) vir wit Suid-Afrikaners het, lei ons aandag af van die geweld wat die militarisering van populisme vir reeds gespanne swart gemeenskappe inhou.

Uiteraard het Malema en sy kollegas die militaristiese nomenklature van die EFF met 'n baie spesifieke politieke agenda in gedagte gekies. Politieke belangegroepe soos die taxibase, vakbonde en georganiseerde misdaad maak almal reeds ruim gebruik van afdreiging, geweld en moord om mededingend te wees en te bly...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.