Magsmonopolie in vervoerekonomie skuil agter brandende vragmotors

KRYGSHERE SE ROL

Magsmonopolie in vervoerekonomie skuil agter brandende vragmotors

Die vragmotors in ligte laaie op ons hoofweë gaan oor die nuwe klas krygshere wat danksy die kriminalisering van die ANC geskep is en wat hulle morbiede visier op die waardeketting van die vervoerekonomie het. Die soeklig moet dus op die rol van hierdie ‘bemagtigingsentrepreneurs’ val, skryf PIET CROUCAMP.

DIE vragmotors brand weer op die hoofweë van Suid-Afrika; soos in aanloop tot die verwoesting van Julie 2021, wat gekenmerk is deur die oënskynlik spontane ontbranding van die privaat sektor se logistieke masjinerie by die Mooirivier-tolplaza.

In ’n poging om ’n voortydige verklaring vir die motivering vir die brandstigting te formuleer, beweer die minister van polisie, Bheki Cele, die verskynsel is “besigheidsverwant”.

Wel, vir eens dink ek hy is reg. Jy sou selfs kon beweer dat hy behoort te weet, want die regering en die polisie ken baie dikwels hierdie krygshere van die informele ekonomie wat die vernietiging stook by name. Baie van hulle doen besigheid met die staat en het verbintenisse met die bevrydingsbeweging...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.